Production Manager (Kromfontein)
Job Location:
Stellenbosch - South Africa
Monthly Salary:
Not provided by the employer
Posted:
21 August 2026 (17 days ago)
Application Deadline:
18 November 2026
Vacancies:
1 Vacancy
Job Summary
Reference: GTG001957-SUZ-1
Is jy n praktiese landboukundige met n passie vir vrugteproduksie
Ons kliënt bied n uitstekende geleentheid aan n Produksiebestuurder om deel te word van n gevestigde vrugteboerdery in die pragtige Kouebokkeveld ongeveer 50 km vanaf Ceres.
Hierdie is meer as net n plaasbestuurpos dit is n geleentheid vir iemand wat verantwoordelikheid wil neem mense wil lei en direk n verskil aan produksie en opbrengs wil maak.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die daaglikse bestuur van appel- en peerboorde van beplanning en besproeiing tot voeding plaag- en siektebeheer arbeid en uiteindelik n suksesvolle oes.
PRODUKSIEBESTUURDER APPELS & PERE
Kouebokkeveld 50 km vanaf Ceres Wes-Kaap
Is jy n praktiese landboukundige met n passie vir vrugteproduksie
Ons kliënt bied n uitstekende geleentheid aan n Produksiebestuurder om deel te word van n gevestigde vrugteboerdery in die pragtige Kouebokkeveld ongeveer 50 km vanaf Ceres.
Hierdie is meer as net n plaasbestuurpos dit is n geleentheid vir iemand wat verantwoordelikheid wil neem mense wil lei en direk n verskil aan produksie en opbrengs wil maak.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die daaglikse bestuur van appel- en peerboorde van beplanning en besproeiing tot voeding plaag- en siektebeheer arbeid en uiteindelik n suksesvolle oes.
Duties & Responsibilities
JOU ROL
Jy sal die persoon op die grond wees wat sorg dat die produksieplanne werklik uitgevoer word.Jou verantwoordelikhede sal onder andere insluit:
- Beplan koördineer en bestuur alle daaglikse vrugteproduksie-aktiwiteite.
- Bestuur en monitor appel- en peerboorde deur die verskillende produksiefases.
- Monitor boom- en vruggesondheid en implementeer effektiewe plaag- en siektebeheerprogramme.
- Bestuur besproeiings- en bemestingsprogramme.
- Beplan en koördineer snoei uitdunning en oesaktiwiteite.
- Lei motiveer en ontwikkel n span van ongeveer 46 permanente werknemers asook seisoenale werkers.
- Stel daaglikse en weeklikse werkplanne op en verseker dat produksieteikens bereik word.
- Delegeer take en monitor produktiwiteit kwaliteit en werksverrigting.
- Hanteer personeeladministrasie dissipline en bywoning.
- Verseker nakoming van GlobalG.A.P. Natures Choice en SIZA-standaarde.
- Hou akkurate produksie- arbeids- en ander plaasrekords.
- Ondersteun begrotings- en kostebeheer.
- Koördineer algemene plaasadministrasie en verslagdoening.
- Identifiseer probleme vroegtydig en neem praktiese besluite om produksie glad te laat verloop.
WIE SOEK ONS
Ons is op soek na iemand wat nie bang is om sy/haar stewels vuil te maak nie n persoon wat tussen die boorde wil wees mense kan bestuur en verstaan dat goeie vrugteproduksie n kombinasie van kennis dissipline beplanning en praktiese betrokkenheid vereis.Jy behoort te beskik oor:
- n Tersiêre kwalifikasie in Landbou Hortologie Plantfisiologie of n verwante rigting.
- Ten minste 5 jaar se kommersiële vrugteproduksie-ervaring.
- Sterk kennis van boordbestuur.
- Praktiese kennis van appel- en peerproduksie sal n sterk voordeel wees.
- Kennis van GlobalG.A.P. en verwante sertifiseringsvereistes.
- Goeie leierskap- en mensebestuursvaardighede.
- Sterk beplannings- kommunikasie- en probleemoplossingsvermoë.
- Goeie administratiewe en rekenaarvaardighede.
- Die vermoë om onafhanklik te werk en verantwoordelikheid te neem.
- n Hoë vlak van dissipline akkuraatheid en professionaliteit.
WAT WORD AANGEBIED
n Mededingende markverwante vergoedingspakket word aangebied wat onder andere insluit:- Maatskappy-aftreefonds
- Mediese fonds
- Behuising / akkommodasie
- Geleentheid om deel te wees van n gevestigde vrugteproduksie-onderneming
- n Langtermyngeleentheid vir n kandidaat wat hom/haarself in vrugteproduksie wil vestig
Aanvang: So spoedig moontlik
As jy weet hoe om n boord te bestuur n span te lei en resultate te lewer wil ons van jou hoor!
Package & Remuneration
R 700 000 - R 800 000 - Annually
Required Experience:
Manager